1 jaar later
Maandag, 30 Augustus 2010
Sedert Mei 2009, met ons eerste boeredag by die Gariepdam, het Konsortium-Merino baie rimpelings in die wolbedryf veroorsaak. Dis nou ‘n jaar later. Kom ons kyk wat het die groep bereik en hoe het sake vir sy boere verbeter...
-
Konsortium-Merino bied sy eerste onafhanklike produksieveiling in September 2009 aan. Karoo Vleisboere Koöperasie van Victoria-Wes behartig die kantoor-administrasie en Jakkie Nel, ‘n Konsortium-boer, is die afslaer.
-
Die 17de produksieveiling oorskry alle verwagtinge. Al 310 ramme word teen gemiddeld R5 199 vir nog ‘n nuwe SA rekordomset verkoop.
-
Konsortium-Merino beding ‘n alternatiewe bemarkingskanaal vir sy boere se wol. Die twee SMZA-bemarkingsopsies gee boere ‘n keuse en spaar hulle meer as R560 000 aan bemarkingskoste.
-
Boere spaar ‘n verderre R280 000 aan baalhanteringsfooie.
-
KM boere verdien ‘n premie vir hul wol.
-
Ons het ons eie skeerspan.
-
KM skep identiteit vir sy wol deur die Konsortium-Merino handelsmerk by alle Konsortium-skeersels in die SMZA veilingkatalogus te druk.
-
KM skeersels getuig van gehalte en sorg vir ‘n oplewing in die wolbeurs .
-
A.g.v. die vennootskap met SMZA is Konsortium-wol soomloos van die skaap tot in die verwerkte “tops”.
-
Die KM-wolsak, met ons logo op, betree die mark R40 goedkoper as sy mededingers en is by KM en SMZA te koop.
-
Die makelaars word gedwing om hul wolsakpryse te verlaag en so spaar boere landswyd bykans R13 miljoen net aan díe uitgawe.
-
KM besoek in Mei 2010 die International Wool Textile Organization se 79ste wêreldkongres in Frankryk. Hier word buitelandse wolkopers en verwerkers bewus gemaak van Konsortium-Merino se natuurlik geproduseerde wol in Suid-Afrika - 100% mules-vry.
-
SMZA ontvang uit die buiteland sy eerste bestelling vir Konsortium-Merino “sliver tops” .
-
KM begin sy eie voerkraal in Christiana. Johan Greyling van Aqua-boerdery is ons vennoot;
-
Sowat 3 000 lammers is reeds deur die Konsortium-voerkraal bemark. Dit het die potensiaal om 20 000 lammers 4 keer per jaar te hanteer.
-
Ons vleis word van die veld af aan B-Nagiahs in Midrand bemark, waar dit onder ons handelsmerk in die slaghuis verkoop word.
-
Die Nagiah-groep betaal ‘n premie vir Konsortium-Merinovleis. Vir AB-grade net ‘n rand minder as die prys vir lam en vir B-grade sowat R2 minder. Dis gewoonlik sowat R3 meer as markprys.
-
Konsortium-ramme verbeter landswyd boere se kuddes. Boere begin toenemend hul surplusvee as boerskaap verkoop en voeg so waarde tot hul skaapboerdery.