skip to content

Saam bied ons meer
http://www.konsortium-merino.com/PageImages/1637448743_370_370.jpg
Teken In





Registreer  |  Vergete Sleutelwoord

TOP 10% van Merinoras

Maandag, 15 Augustus 2005

Talle Konsortium-ramme draf onder Suid-Afrika se TOP 10% t.o.v hul onderskeie BLUP-teelwaardes. Kyk net hoeveel van die voorlopers word op ons veiling van 1September 2005 aangebied:

  • EBV Liggaamsgewig: 28 van die veilingramme haal SA se top 10% (maak karkas meer as 3.63kg swaarder)
  • EBV Stapellengte: 20 van die ramme is onder SA top 10% (maak wol meer as 6.22mm langer)
  • EBV veseldikte: 7 van die ramme haal SA se top 10% (maak wol meer as 1.16 mikron fyner)
  • EBV Ekonomiese waarde: 12 van die veilingramme is onder SA se top 10% (bring jou R15.58+ per lam meer in die sak)

Het u iets om by te voeg ?