
Vrydag, 20 Februarie 2004
Konsortium-Merino, wat roem op sy groter, gladder Merino wat goed groei, het op 2004 se Nasionale Skou vir Gemete Produksie met ses SA kampioene gespog:
Hoewel die Konsortium-Merino minder wol produseer, het díe tipe se groot vleiskarkas, lae mikron en goeie stapellengte vir die beste ram en ooi (wol- en vleis-inkomste gemeet in R/c) op die skou gesorg. John Luscombe, Konsortium-teler, se span van ses ramme en ses ooie het ook die meeste punte vir hul wol- en bouvorm-eienskappe, met die hand-oog-gemeet, ingepalm. Konsortium-Merino lyk dus mooi en sorg vir jou sak!