skip to content

Saam bied ons meer
http://www.konsortium-merino.com/PageImages/1637448743_370_370.jpg
Teken In





Registreer  |  Vergete Sleutelwoord

Merinoraadgewers

Konsortium-Merino is die eerste Merinostoetery in Suid-Afrika om sy eie kliënteraadgewers aan te stel en sodoende waarde tot sy boere se besighede te voeg. Die maatskappy se eerste kliënteraadgewer is in September 2007 aangestel en in 2008 is nog kundiges gekontrakteer om boere by te staan om hul kuddes sodanig te verbeter, dat dit aan die Konsortium-handelsmerk voldoen.

  • Cobus Vivier, kliënteraadgewer (Dewetsdorp), sal gehalte by boere in die Vrystaat en Noordoos-Kaap verseker, sodat die mark met vrymoedigheid Konsortium-genetika, -wol en -vleis koop.
  • Tommie Calldo van CMW word betrek om die standaarde van die Konsortium-handelsmerk by kliënte in die Karoo te vestig en te beskerm.
  • Phil van der Merwe, KM stoetraadgewer (Victoria-Wes), staan ook vir boere in die Karoo by.
  • Braam Coetzee (Cradock) help waar nodig vir boere in die Oos-Kaap.

Die raadgewer is hoofsaaklik Konsortium-Merino se handelsmerk-bestuurder. Hy moet die Konsortium-tipe op ons boere se plase vestig en beskerm tot voordeel van almal wat by die Konsortium-familie aansluit. Met behulp van spesiale oorplaatjies sal die raadgewer mettertyd handelsmerk-ooie, goedgekeurde ooie en Konsortium-slagvee by kliënte identifiseer en assulks bemark.

Die raadgewer help boere ook o.m. met ooiseleksie, die keur van ramme en gee raad t.o.v kuddebestuur. Met behulp van ‘n eenvoudige rekenaarmodel word Merinokuddes se prestasie gemeet en sodoende toesig gehou oor hul produksie en vordering.