skip to content

Saam bied ons meer
Teken In





Registreer  |  Vergete Sleutelwoord

Hoëveld veiling

Konsortium-Merino se eerste ramveiling in die Hoëveld vind op 4 Maart 2010 om 11:00 op die plaas Palmietfontein, van Johan Hancke, in die distrik van Bethal plaas.

Vyftig van ons ramme is in September 2009 gestuur. “Hulle het ongelooflik goed aangepas,” sê Braam Coetzee, KM besturende direkteur. Die ramme is op die veld grootgemaak en het aanvanklik lek gekry totdat goeie reëns in die geweste uitgesak het.

Die keuring is op 21 Januarie gedoen en 42 van die span gaan individueel op ‘n stilveiling, volgens die Helmsman-metode, aangebied word.

Datum: 4 Maart 2010 om 11:00

Aanbod: 42 suiwer geteelde Konsortium- Merino veldramme, prestasiegetoetsramme

Besigtiging: Vanaf 08:30 op die dag van die veiling.

Katalogus: Die koperskatalogus vir die eerste Hoëveld veiling sal vanaf 15 Februarie 2010 op ons webwerf beskikbaar wees.

Hoëveld katalogus
 

Besoek asb. die volgende: