skip to content

Saam bied ons meer
http://www.konsortium-merino.com/PageImages/1238980063_370_370.jpg
Teken In





Registreer  |  Vergete Sleutelwoord

Een groot familie

Altesaam 114 boere, met sowat 180 000 Merino-ooie, het al by die Konsortium-familie aangesluit. Braam Coetzee, besturende direkteur, sê die mikpunt is om in 2019 nagenoeg  800 000 ooie in die Konsortium-stal te hê.

Hy laat glip daar is reeds besighede wat Konsortium nader om oor voordele van samewerking en premies te onderhandel. Die maatskappy is egter nie oorhaastig nie. “Ons moet eers strukture vestig en getalle bou vir beter bedingingsmag en sukses op die lange duur.”

Elkeen van Konsortium se ingetekende boere is nou deel van die groter prentjie - ‘n onmisbare stukkie van die Konsortium-legkaart. Hoe gepas die Konsortium trefsin: ”Saam bied ons meer..."