
Die Konsortium-span open vandag vir jou die deure na hul wêreld: die wye, oop vlaktes van die Karoo, waar hulle met toewyding en trots ‘n top Merino teel. Díe barre deel van Suid-Afrika word deur droogtes geteister en deur temperature van uiterstes gekenmerk. Die somers is warm (40+°C) en die winters daal onder vriespunt. Dis in hierdie harde wêreld waar die Konsortium-Merino sy ware kleure toon.
Die Merino het die vermoë om in ekstensiewe toestande 'n winsgewende inkomste vir sy eienaar te verseker. Menige boer in Suid-Afrika behaal landswyd met Konsortium-Merino sukses en kom keer-op-keer terug vir meer. Soos wat jou omgewing en sy gepaardgaande voeding verbeter, sorg Konsortium-Merino dat hy sy produksievermoë dienooreenkomstig verbeter - sonder om in veseldikte te spring.
Kom deel vandag in die visie van die Konsortium-span. Ervaar hul entoesiasme en passie. Stap die pad waarlangs hul Merino-drome 'n werklikheid word.
Only as high as I reach can I grow…Only as far as I seek can I go…Only as deep as I look can I see…Only as much as I dream can I be. Anon
In 2001 het Konsortium-Merino met 78 ramme op een veiling afgeskop. Vandag verkoop hulle jaarliks die meeste ramme op amptelike veilings in Suid-Afrika - tot soveel as 311 ramme per veiling, en 670 per jaar. ... lees meer
Die span glo in die opheffing en ontwikkeling van hul mense. Hul bied volwasse onderrig aan 30 van hul arbeiders deur gebruik te maak van multimedia programme. ... lees meer