Site in English  |  9 Mei 2008  
Konsortium-merino.com - Saam bied ons meer!
HomeOor OnsOns BenaderingOns BenaderingStoetrammePoenskop-Merino'sVeilingsNuusKontak Ons
Goeie naand, jy is hier :  Tuis  >  Veilings Vorige Blad  |  Site in English   
Latest News

Reuse troppe ramlammers ingeskryf

Groepe van sowat 800 ramlammers elk sal voortaan op Biesjesfontein prestasietoets word om die beste 200 ramme vir Konsortium se produksieveilings te keur en die res sal as kudderamme na die veilings op díe plaas verkoop word...


Lees Artikel...

Eerste Konsortium-Merino raadgewers vir kliënte

Konsortium-Merino het sy eerste kliënteraadgewer aangestel en nou ook ‘n tweede kundige gekontrakteer om boere by te staan om hul kuddes sodanig te verbeter...


Lees Artikel...

Andries ken sy mowwe

Op Carnarvon is ‘n man met ‘n groot liefde vir mowwe, wat glo hulle wys reën is aan die kom deur hul lywe te skud asof hulle nat is...


Lees Artikel...

Konsortium-Merino verpletter rekord

Suid-Afrika se rekordomset vir ‘n Merinoramveiling is op Konsortium-Merino se 13de produksieveiling verpletter toe díe telers hul vorige rekord met R147 550 verbeter het...


Lees Artikel...

Produk en passie die beste in 3 nasies

Ek reis deur drie nasies en dit is die beste veiling wat ek nog ooit bygewoon het...


Lees Artikel...

Konsortium-kopers aan die woord

Konsortium-Merino deel graag hul ondersteuners se getuigskrifte met ander. Hier is wat van hulle te sê het...


Lees Artikel...

Newsletter Subscribe

Voltooi asb. die vorm hieronder om in te teken op ons nuusbrief.




Page Tools


Twee produksieveilings

Prestasiegetoetste veldmerinoramme, asook stoet- en kudde-ooie word jaarliks op twee produksieveilings te koop aangebied. Dit vind plaas op:

  • die derde Donderdag in Februarie, en
  • die eerste Donderdag in September.

Besigtiging van die ramme is vanaf 16:00 op die dag voor die veiling en vanaf 08:00 op die dag van die veiling. Phil van der Merwe, stoetraadgewer, draf elke ram se wol- en bouvorm-eienskappe saam met belangstellendes deur. Hy klasseer die ramme as stoet-, kudde- of “selected”-ramme om voornemende kopers in hul keuses te help.

Die veilings lok kopers landswyd. Hulle kom van sover as Riviersonderend en Uitenhage in die suide, Barkley-Oos en Stutterheim in die ooste, Calvinia en Sutherland in die weste, Vrede in die noorde en veral uit die Vrystaat om in die Merino-lekkerte te deel.

Getuigskrifte

"Dit is die beste veiling wat ek nog ooit bygewoon het. Konsortium-Merino se produk, bemarking, en passie het my beïndruk. In Australie, Nieu-Seeland en Suid-Afrika kan niemand by hulle genetika kersvashou nie. Konsortium-genetika kan vir die Merino, as 'n ras, van groot waarde wees - want met die tipe is daar geen rede vir kruisteling nie."   Ian Walsh, FalKirk wetenskaplike stigting, Nieu-Seeland (2006)

 "Hierdie is nie 'n veiling waarvan jy iemand bloot net kan vertel nie. Boere moet kom om dit te beleef."   Piet Barnhoorn, Noodhulp, Middelburg (2006)

 “Eintlik beskryf die woord veiling nie hierdie geleentheid nie. Dit is voorwaar ‘n Merino-extravaganza wat menige besoeker ‘n ware “under the skin” Merino-gevoel gee. Só sal die Merino as vlagskip van ons kleinveebedryf seëvier. Die besondere diepte en gehalte in u aanbieding is opvallend en word met volledige prestasiedata professioneel aangebied.”   Jacobus le Roux, voormalige rasdirekteur, Merino SA (2002)

 “Dit is ‘n aanbieding waarop die SA wolbedryf trots kan wees.”   Jimmy Maritz, voormalige bestuurder openbare betrekkinge, BKB (2003) 


Marlow & Konsortium

Die Hoër Landbouskool Marlow, naby Cradock, bied op 22 Februarie 2008 sy tweede Konsortium-Merinoveiling aan. Sowat 60 ramme, Konsortium-nageslag van die skool se Merinokudde, en suiwer geteelde Konsortium-ramme, sal om 12:00 by Marlow se klubhuis opgeveil word. Besigtiging is vanaf 09:00 op die dag van die veiling. Die eerste tree oppad na díe Merinoveiling is reeds in April 2006 gegee, toe Marlow se hele kudde van sowat 500 ooie met die saad van agt Konsortium-stoetramme geKI is.


Poenskop-veilings

Die Triton Poenskop-Merinoveilings word jaarliks twee keer aangebied. Hulle vind plaas:

  • by Boontjieskraal, naby Caledon, op die vierde Donderdag in Januarie; en
  • op Bloemfontein se skougronde, op die tweede Donderdag in Augustus.

Vir meer inligting klik op Poenkop-Merino's.

Na Bo
Werf laas verander op Vrydag, 4 April 2008.
©2005 - 2008 Konsortium-Merino  |  Admin Login  |  Skakels
Engineered by nellen Technologies