|
Konsortium-Merino se 14de produksieveiling: Donderdag, 14 Februarie 2008, om 11:00 op die plaas Dombietersfontein, Victoria-Wes. Altesaam 328 ramme is uit Konsortium-Merino se sowat 1500 ramlammers, gebore in die Lente van 2006, vir die komende veiling ingeskryf. 'n Totaal van 209 is uiteindelik gekeur. |