Site in English  |  12 Mei 2008  
Konsortium-merino.com - Saam bied ons meer!
HomeOor OnsOns BenaderingOns BenaderingStoetrammePoenskop-Merino'sVeilingsNuusKontak Ons
Goeie môre, jy is hier :  Tuis  >  Stoetramme Vorige Blad  |  Site in English   
Latest News

Reuse troppe ramlammers ingeskryf

Groepe van sowat 800 ramlammers elk sal voortaan op Biesjesfontein prestasietoets word om die beste 200 ramme vir Konsortium se produksieveilings te keur en die res sal as kudderamme na die veilings op díe plaas verkoop word...


Lees Artikel...

Eerste Konsortium-Merino raadgewers vir kliënte

Konsortium-Merino het sy eerste kliënteraadgewer aangestel en nou ook ‘n tweede kundige gekontrakteer om boere by te staan om hul kuddes sodanig te verbeter...


Lees Artikel...

Andries ken sy mowwe

Op Carnarvon is ‘n man met ‘n groot liefde vir mowwe, wat glo hulle wys reën is aan die kom deur hul lywe te skud asof hulle nat is...


Lees Artikel...

Konsortium-Merino verpletter rekord

Suid-Afrika se rekordomset vir ‘n Merinoramveiling is op Konsortium-Merino se 13de produksieveiling verpletter toe díe telers hul vorige rekord met R147 550 verbeter het...


Lees Artikel...

Produk en passie die beste in 3 nasies

Ek reis deur drie nasies en dit is die beste veiling wat ek nog ooit bygewoon het...


Lees Artikel...

Konsortium-kopers aan die woord

Konsortium-Merino deel graag hul ondersteuners se getuigskrifte met ander. Hier is wat van hulle te sê het...


Lees Artikel...

Newsletter Subscribe

Voltooi asb. die vorm hieronder om in te teken op ons nuusbrief.




Page Tools

Die Konsortium se stoetramme word in harmonie met die omgewing geteel en staan t.o.v. wol- en bouvorm-eienskappe uit in ‘n trop. Díe aangepaste Merino spog met ‘n unieke kombinasie van eienskappe. Dit is groot, viriele diere met ‘n lae mikron en uitstaande wollengte - die soort wat geld in die boer se sak verseker.

Om die ideale Merino te teel is ‘n uitdaging, omdat die ras se mees ekonomiese eienskappe negatief korreleer. Hoe groter die Merino, hoe sterker is sy wol. Hoe meer wol ‘n skaap dra, hoe korter is sy wol. Fynwol word weer meestal op kleiner skaap aangetref.

Die span se strewe om so fyn as moontlik te teel sonder om karkasgrootte en reproduksie in te boet, word dus streng gemonitor.  Hulle lê veral klem op ‘n egalige vag. ‘n Ram wat sterk word in sy broek word geensins oorweeg nie. Spesialitietsramme, met uitsonderlike eienskappe, word vir aanvullende parings gebruik.

Dan en wan word stoetramme van buite ingespan om as kontrole vir hul vordering te dien en om seker te maak die span is nog op die regte koers. “Ons is redelik waar ons wil wees, nou moet ons net die fyn balans tussen lae mikron en bouvorm handhaaf.”

Na Bo
Werf laas verander op Vrydag, 4 April 2008.
©2005 - 2008 Konsortium-Merino  |  Admin Login  |  Skakels
Engineered by nellen Technologies