Toppryse vir 2003Geskep op: 15 November 2003 Konsortium-Merino het in 2003 nie net op hul produksieveilings nie - maar op veilings landswyd - top pryse vir hul veldramme behaal.
Karoo-veldklub: Hier behaal hulle in Februarie’03 die hoogste prys van R16 000. Hul nege ramme word vir die hoogste gemiddelde prys van R4 200 elk verkoop. Op die September’03-veiling verkoop hulle ‘n silwermeriete ram vir die hoogste prys van R7 700. Sentraal-Vrystaat: Een van die Konsortium se silwermeriete ramme is vir die hoogste prys van R12 000 verkoop. Die klub se ram van die jaar kom ook uit die Konsortium-stal en is vir die naashoogste prys van R10 500 verkoop. Merino SA se amptelike Bloemfontein-veiling: Met hul eerste deelname aan díe veiling behaal die span die naashoogste prys van R16 000 vir ‘n silwermeriete ram. Al vyf hul ramme word vir ‘n gemiddelde prys van R8 960 verkoop. Hul BLUP-silwermeriete ram bring hul R12 000 in die sak. Klik op veilings vir kort verslae oor vorige Konsortium-produksieveilings. |