Skoukoning!Geskep op: 27 Februarie 2006 Die Konsortium-Merinotelers kraai koning op veldmerinoskoue in die Karoo. Dombietersfontein-Merino′s is op agt van Victoria-Wes se afgelope nege veldmerinoskoue as die Teler met die meeste punte aangewys. Die een jaar wat hy nie met die louere weggestap het nie, is díe stoetery as naasbeste gekroon. Victoria-Merino′s was vier van die agt kere die naasbeste vertoner op die skou.
Die Konsortium spog al vir 11 uit die afgelope 13 jare met die toekenning vir die Beste ram in die distrik van Victoria-Wes. Sedert die toekenning vir die Beste ooi in die distrik in 1998 gemaak is, het die Konsortium dit al vyf kere ingepalm. |