Site in English  |  15 Mei 2008  
Konsortium-merino.com - Saam bied ons meer!
HomeOor OnsOns BenaderingOns BenaderingStoetrammePoenskop-Merino'sVeilingsNuusKontak Ons
Goeie middag, jy is hier :  Tuis  >  Nuus Vorige Blad  |  Site in English   
Latest News

Reuse troppe ramlammers ingeskryf

Groepe van sowat 800 ramlammers elk sal voortaan op Biesjesfontein prestasietoets word om die beste 200 ramme vir Konsortium se produksieveilings te keur en die res sal as kudderamme na die veilings op díe plaas verkoop word...


Lees Artikel...

Eerste Konsortium-Merino raadgewers vir kliënte

Konsortium-Merino het sy eerste kliënteraadgewer aangestel en nou ook ‘n tweede kundige gekontrakteer om boere by te staan om hul kuddes sodanig te verbeter...


Lees Artikel...

Andries ken sy mowwe

Op Carnarvon is ‘n man met ‘n groot liefde vir mowwe, wat glo hulle wys reën is aan die kom deur hul lywe te skud asof hulle nat is...


Lees Artikel...

Konsortium-Merino verpletter rekord

Suid-Afrika se rekordomset vir ‘n Merinoramveiling is op Konsortium-Merino se 13de produksieveiling verpletter toe díe telers hul vorige rekord met R147 550 verbeter het...


Lees Artikel...

Produk en passie die beste in 3 nasies

Ek reis deur drie nasies en dit is die beste veiling wat ek nog ooit bygewoon het...


Lees Artikel...

Konsortium-kopers aan die woord

Konsortium-Merino deel graag hul ondersteuners se getuigskrifte met ander. Hier is wat van hulle te sê het...


Lees Artikel...

Newsletter Subscribe

Voltooi asb. die vorm hieronder om in te teken op ons nuusbrief.




Page Tools

Andries ken sy mowwe

Geskep op: 3 April 2008

Op Carnarvon is ‘n man met ‘n groot liefde vir mowwe, wat glo hulle wys reën is aan die kom deur hul lywe te skud asof hulle nat is. Ten spyte van terugslae is die toekoms vir hom aanloklik en sien hy daarna uit om eendag die boerdery aan sy seun oor te gee.

Andries Maletha (78), wat op Carnarvon se meentgrond boer, meen net sy jare tel teen hom. “Ek is bang ek word te gou gehaal.” Hy wens hy was so vyf jaar jonger en het Konsortium-Merino al vroeër raakgeloop, want díe nuwe Merino gaan beslis sy mowwe se karkas verbeter.

Andries se Merinokudde is die afgelope jare byna deur honde en veediewe uitgeroei. Gawie van Wyk, van die NWKV op Carnarvon, het Konsortium-Merino genader om vir Andries ‘n paar Merino’s te skenk om sy skaapboerdery weer ‘n hupstoot te gee. Hy blom as hy van sy Konsortium-ram en vyf nuwe ooie praat. Die dankbaarheid lê vlak as hy sê dis die grootste geskenk van sy lewe.

Andries, gebore op die plaas Bloufontein van Abie Cloete, Carnarvon , het geen skoolopleiding nie, maar het van kleins af sy oë en ore oopgehou en geluister. Dis hoeka Abie wat hom van mowwe geleer het.

Hy vertel hy het aanvanklik met bokke geboer. Díe was egter te lastig na sy sin, en hy het hulle vir 20 uitklas-mowwe geruil. Met sy aftrede in 2006 het Andries op die dorp gaan bly. Sy liefde vir die Merino en kennis van wolskaap het saam met hom getrek. Hy het die dorpsmeent gehuur en sowat 40 Merino’s gekoop met die geld wat Landbank aan hom geleen het.

Andries spog met ‘n Springbokkop vir wolklassering en is ‘n ware skaapwagter. Hy het altyd ‘n verkyker om die nek as hy veld toe gaan. Hy glo jy moet rondkyk. “Ek kyk elke dag na my skaap, want hulle kan nie praat nie - maar hulle kan vir jou wys as die kos op is, of as hulle ongelukkig is.”

Hy sê hy het skoolgegaan by skape. Hulle sê vir hom hoe ver die reën is en spaar veld, want hulle eet nie al die nuwe en jong plantjies op nie. “Die Merino is slim diere. Hulle het gemaak dat mense teerpaaie bou en blink motors ry.” Hy meen ook mowwe lyk bly as die reën kom.

Sy ideale Merino moet “vierkantig wees. Goed gebou met lekker, lang meduimwol.” Hy hou van ‘n effe lyfplooitjie, maar sê daardie tipe doen nie meer so goed soos die nuwe Merino nie. As jy hom vra wat hom in die Konsortium-Merino aanstaan, kom die antwoord gou: “Ek hou van hulle sagte wol en lekker lywe. Hulle het baie vleis en ‘n lewendige houding.”

Hy vertel Keith Coetzee van BKB klas sy skaap en hy het vertroue in hom. Sy vorige ram het hy van Stephan Naude gekry. Hy is bly hy het nou ‘n ander ram, “want die bloed moet meng.”

Andries neem graag aan die skou op Carnarvon deel. Hy het die afgelope vier jaar goed gevaar en genoeg prysgeld verdien. As hy tweede kom, spot hy graag met die wenner deur te sê: “ Ek wag jou volgende jaar in.”

Hy hoop hy word lank genoeg gespaar om te sien hoe sy seun eendag die boerdery oorneem. Sy wyse woorde oor die saak is: “Hy moet die boerdery oorvat as hy wil, want elke mens het mos maar sy eie gedagtes.” Tot dan sal hy wat Andries is sy deel doen en elke dag vir sy Merino’s sorg. Konsortium-Merino wens hom voorspoed toe met sy skaapboerdery. Mag Andries se liefde vir sy mowwe ‘n aansporing wees vir menige Merinoboer.

Argief  |  Alle nuus  |  Na Bo
Werf laas verander op Vrydag, 4 April 2008.
©2005 - 2008 Konsortium-Merino  |  Admin Login  |  Skakels
Engineered by nellen Technologies