Site in English  |  13 Mei 2008  
Konsortium-merino.com - Saam bied ons meer!
HomeOor OnsOns BenaderingOns BenaderingStoetrammePoenskop-Merino'sVeilingsNuusKontak Ons
Goeie môre, jy is hier :  Tuis  >  Nuus Vorige Blad  |  Site in English   
Latest News

Reuse troppe ramlammers ingeskryf

Groepe van sowat 800 ramlammers elk sal voortaan op Biesjesfontein prestasietoets word om die beste 200 ramme vir Konsortium se produksieveilings te keur en die res sal as kudderamme na die veilings op díe plaas verkoop word...


Lees Artikel...

Eerste Konsortium-Merino raadgewers vir kliënte

Konsortium-Merino het sy eerste kliënteraadgewer aangestel en nou ook ‘n tweede kundige gekontrakteer om boere by te staan om hul kuddes sodanig te verbeter...


Lees Artikel...

Andries ken sy mowwe

Op Carnarvon is ‘n man met ‘n groot liefde vir mowwe, wat glo hulle wys reën is aan die kom deur hul lywe te skud asof hulle nat is...


Lees Artikel...

Konsortium-Merino verpletter rekord

Suid-Afrika se rekordomset vir ‘n Merinoramveiling is op Konsortium-Merino se 13de produksieveiling verpletter toe díe telers hul vorige rekord met R147 550 verbeter het...


Lees Artikel...

Produk en passie die beste in 3 nasies

Ek reis deur drie nasies en dit is die beste veiling wat ek nog ooit bygewoon het...


Lees Artikel...

Konsortium-kopers aan die woord

Konsortium-Merino deel graag hul ondersteuners se getuigskrifte met ander. Hier is wat van hulle te sê het...


Lees Artikel...

Newsletter Subscribe

Voltooi asb. die vorm hieronder om in te teken op ons nuusbrief.




Page Tools

Goed...Beter...BESTE!

Geskep op: 20 Februarie 2008

Net toe ons dink Konsortium-Merino kan nie nog beter vaar nie – oortref die span weer almal se verwagtinge. Al 201 ramme is op hul 14de produksieveiling teen ‘n gemiddelde prys van R6 883 vir nog ‘n nuwe rekordomset van R1 383 450 verkoop.

Konsortium-Merino het op sy afgelope veiling Suid-Afrika se rekordomset vir ‘n Merinoramveiling vir die derde keer in ‘n ry verbeter. Die hoogste prys was R31 000. Albert van Heerden van Van Vuurenshoek, Hofmeyr, Lourens van Heerden van Bella Vista, Tarkastad, en Michael Lord van Souverein, Hofmeyr, het saamgespan om díe silwermeriete ram te koop.

Hennie Coetzee en Altus Geldenhuys van Steynsburg het die naashoogste prys van R27 000 betaal. Kort op hul hakke is twee ramme teen ‘n gemiddelde prys van R25 000 elk verkoop. Die kopers is onderskeidelik Kosie van der Merwe van Tweerivier, Sutherland, en Neville Grobler van Zonderhout, Springfontein.

Meer as helfte van die Konsortium-ramme is vir minder as R7 000 verkoop. Altesaam 31 ramme het R3 000 en minder behaal, 43 ramme is vir R3 100 tot R5 000 verkoop en op 59 ramme is die bod van R5 100 tot R7 000 toegeslaan. Vir 44 ramme is R7 100 tot R10 000 betaal, 13 ramme is van R10 100 tot R15 000 verkoop en 11 ramme het vir meer as R15 000 baas gekry.

Die 1 271 ooie op die veiling is teen gemiddeld R953 stuk verkoop met ‘n hoogste prys van R1 750 per ooi vir dragtige volbek-stoetooie. Konsortium se vorige hoogste gemiddelde was R6 763 vir 187 ramme op hul 13de produksieveiling verkoop.

Meer as 300 besoekers van heinde en verre het die afgelope veiling op 14 Februarie op Dombietersfontein bygewoon. Valentynsdag het ook heelwat van die skoner geslag na die veiling gelok. Die gaste het gesellig onder die bome gekuier. ‘n Ligte reënbui het tydens die veiling vir ‘n wyle uitgesak en die Karoowêreld lekker afgekoel. Konsortium-Merino wil graag dankie sê aan almal wat van hul 14de veiling ‘n reuse sukses gemaak het. BKBLouwid was die afslaers.

Argief  |  Alle nuus  |  Na Bo
Werf laas verander op Vrydag, 4 April 2008.
©2005 - 2008 Konsortium-Merino  |  Admin Login  |  Skakels
Engineered by nellen Technologies