Site in English  |  9 Mei 2008  
Konsortium-merino.com - Saam bied ons meer!
HomeOor OnsOns BenaderingOns BenaderingStoetrammePoenskop-Merino'sVeilingsNuusKontak Ons
Goeie naand, jy is hier :  Tuis  >  Nuus Vorige Blad  |  Site in English   
Latest News

Reuse troppe ramlammers ingeskryf

Groepe van sowat 800 ramlammers elk sal voortaan op Biesjesfontein prestasietoets word om die beste 200 ramme vir Konsortium se produksieveilings te keur en die res sal as kudderamme na die veilings op díe plaas verkoop word...


Lees Artikel...

Eerste Konsortium-Merino raadgewers vir kliënte

Konsortium-Merino het sy eerste kliënteraadgewer aangestel en nou ook ‘n tweede kundige gekontrakteer om boere by te staan om hul kuddes sodanig te verbeter...


Lees Artikel...

Andries ken sy mowwe

Op Carnarvon is ‘n man met ‘n groot liefde vir mowwe, wat glo hulle wys reën is aan die kom deur hul lywe te skud asof hulle nat is...


Lees Artikel...

Konsortium-Merino verpletter rekord

Suid-Afrika se rekordomset vir ‘n Merinoramveiling is op Konsortium-Merino se 13de produksieveiling verpletter toe díe telers hul vorige rekord met R147 550 verbeter het...


Lees Artikel...

Produk en passie die beste in 3 nasies

Ek reis deur drie nasies en dit is die beste veiling wat ek nog ooit bygewoon het...


Lees Artikel...

Konsortium-kopers aan die woord

Konsortium-Merino deel graag hul ondersteuners se getuigskrifte met ander. Hier is wat van hulle te sê het...


Lees Artikel...

Newsletter Subscribe

Voltooi asb. die vorm hieronder om in te teken op ons nuusbrief.




Page Tools

Konsortium-Merino verpletter rekord

Geskep op: 19 September 2007

Suid-Afrika se rekordomset vir ‘n Merinoramveiling is op Konsortium-Merino se 13de produksieveiling verpletter toe díe telers hul vorige rekord met R147 550 verbeter het.

Altesaam 187 Konsortium-ramme is almal teen ‘n gemiddelde prys van R6 763 vir ‘n nuwe rekordomset van R1 264 700 op die plaas Dombietersfontein, Victoria-Wes, verkoop. Dit is slegs die derde Merinoveiling in die geskiedenis, wat die R1 miljoen-kerf kon verbysteek. Die vorige hoogste was R1 117 150 op Konsortium-Merino se 12de produksieveiling in Februarie behaal, toe 199 ramme verkoop is.

Die hoogste prys op die groep se afgelope Lenteveiling was R40 000 vir ‘n meriete ram. Díe ram met ‘n voorspelde BLUP-teelwaarde van 5.1kg vir liggaamsmassa, is deur twee boere van Loxton gekoop. Hulle is Melt van den Heever van die plaas Duikerfontein en Boetie van der Westhuizen van De Hoop.

Die naashoogste prys van R36 000 is vir ‘n silwermeriete ram betaal. Die kopers is Michael Lord van die plaas Souverein, Hofmeyr en die broers, Lourens van Heerden van Bella Vista, Tarkastad en Albert van Heerden van Van Vuurenshoek, Hofmeyr.

Kort op hul hakke was nog ‘n span boere van Hofmeyr, wat ‘n silwermeriete ram teen die derde hoogste prys van R34 000 gekoop het. Hulle is Tommy Roux en sy seuns, Piet en Jakkals Roux, Pierre en Kobus Marais, Matt Philps en Johan Froehlich.

‘n Baie gelukkige man op Konsortium se 13de veiling was Herman Venter van Philipstown, wat ‘n motorfiets, die Honda Bushlander, ryker geword het. Sowat 340 besoekers van oor die land heen het die veiling bygewoon. Die 2 088 ooie is teen ‘n gemiddelde prys van R859 verkoop. Die hoogste prys was R1 400 stuk vir dragtige stoetooie. 

Argief  |  Alle nuus  |  Na Bo
Werf laas verander op Vrydag, 4 April 2008.
©2005 - 2008 Konsortium-Merino  |  Admin Login  |  Skakels
Engineered by nellen Technologies