Site in English  |  15 Mei 2008  
Konsortium-merino.com - Saam bied ons meer!
HomeOor OnsOns BenaderingOns BenaderingStoetrammePoenskop-Merino'sVeilingsNuusKontak Ons
Goeie middag, jy is hier :  Tuis  >  Nuus Vorige Blad  |  Site in English   
Latest News

Reuse troppe ramlammers ingeskryf

Groepe van sowat 800 ramlammers elk sal voortaan op Biesjesfontein prestasietoets word om die beste 200 ramme vir Konsortium se produksieveilings te keur en die res sal as kudderamme na die veilings op díe plaas verkoop word...


Lees Artikel...

Eerste Konsortium-Merino raadgewers vir kliënte

Konsortium-Merino het sy eerste kliënteraadgewer aangestel en nou ook ‘n tweede kundige gekontrakteer om boere by te staan om hul kuddes sodanig te verbeter...


Lees Artikel...

Andries ken sy mowwe

Op Carnarvon is ‘n man met ‘n groot liefde vir mowwe, wat glo hulle wys reën is aan die kom deur hul lywe te skud asof hulle nat is...


Lees Artikel...

Konsortium-Merino verpletter rekord

Suid-Afrika se rekordomset vir ‘n Merinoramveiling is op Konsortium-Merino se 13de produksieveiling verpletter toe díe telers hul vorige rekord met R147 550 verbeter het...


Lees Artikel...

Produk en passie die beste in 3 nasies

Ek reis deur drie nasies en dit is die beste veiling wat ek nog ooit bygewoon het...


Lees Artikel...

Konsortium-kopers aan die woord

Konsortium-Merino deel graag hul ondersteuners se getuigskrifte met ander. Hier is wat van hulle te sê het...


Lees Artikel...

Newsletter Subscribe

Voltooi asb. die vorm hieronder om in te teken op ons nuusbrief.




Page Tools

Op almal se lippe

Geskep op: 10 Februarie 2006

Op nege produksieveilings het hulle meer as 1000 ramme verkoop. Die sukses wat díe telers behaal, het almal aan die praat. Vanjaar bied Konsortium-Merino op 16 Februarie 2006 die eerste nageslag aan van Windsor, hul SA Grootkampioenram, gekroon op 2004 se Nasionale Skou vir Gemete Produksie.

Konsortium-Merino het op hul afgelope nege veilings 1 117 ramme aangebied, waarvan 1 116 verkoop is. Vir sowat 42% (470) van die ramme is R3 000 en minder betaal. En wat ‘n bonus as hulle hul kopers besoek en dit juis díe ramme is, wat uitstaan in ‘n kraal.

‘n Besoek aan Stefan Scholtz van Victoria-Wes, het net weer bewys ‘n Konsortium-ram hoef nie duur te wees, om sy sout werd te wees nie. Ramme wat Stefan in Februarie 2005 teen vloerprys (R1 500) aangekoop het, staan nie ‘n treë terug vir die duurder ramme in sy kraal nie. “Die span groei sonder ‘n pit kos. Ek het selfs ‘n stoetram onder hulle geselekteer.”

Hoffman-boerdery van Dewetsdorp meen Konsortium-Merino se vleiseienskappe is voortreflik, en die tipe se wolkwaliteit en veral wollengte, ‘n pluspunt vir die boerdery. Die broers Sias en Piet kan getuig ‘n span van 840 lammers (sowat 10 maande oud) het onlangs gemiddeld 21,5kg uitgeslag. “Konsortium-Merino is uitstekende stoorlammers. Hulle groei met ‘n “bang”. Sias sê die span ramme wat Konsortium vanjaar op Lentedag op hul negende produksieveiling aangebied het, was ‘n prentjie - die mooiste wat hy nóg raakgeloop het.

Kiepie Pienaar van Dewetsdorp het in 1999 sy eerste ram by Konsortium-Merino gekoop en stap sedertdien die pad saam met díe tipe. “My skaap is vandag groter en gladder. Waar my ooie vroëer gesukkel het om 50kg te weeg, weeg hulle deesdae gemiddeld 58kg tot 60kg.” Reproduksie het sodanig verbeter dat hy 109% lammers speen van ooie gepaar. Sy kudde se speengewigte het van gemiddeld 26kg tot sowat 31kg gestyg.

Kiepie boer net met ooie en monitor hul prestasie deeglik. Elke agt maande skeer hy gemiddeld 3.75kg wol per skaap (lammers ingesluit). Verwerk tot 12 maande wolgroei is dit 4,88kg per skaap. Sy skeersel se gemiddelde veseldikte het van 21.6 tot 20.4 verbeter. Sy lammerwol toets deesdae 17.2 mikron. Hy is oortuig daarvan: “Ek het die regte pad saam met Konsortium-Merino ingeslaan.”

Ons kopers is ons beste getuigskrif, meen die Konsortium-telers, want hulle kom keer op keer terug vir meer. Hul wens vir 2006: “Mag die Konsortium-Merino net voorspoed en vreugde bring waar hulle wei.”

Argief  |  Alle nuus  |  Na Bo
Werf laas verander op Vrydag, 4 April 2008.
©2005 - 2008 Konsortium-Merino  |  Admin Login  |  Skakels
Engineered by nellen Technologies