Site in English  |  13 Mei 2008  
Konsortium-merino.com - Saam bied ons meer!
HomeOor OnsOns BenaderingOns BenaderingStoetrammePoenskop-Merino'sVeilingsNuusKontak Ons
Goeie môre, jy is hier :  Tuis  >  Nuus Vorige Blad  |  Site in English   
Latest News

Reuse troppe ramlammers ingeskryf

Groepe van sowat 800 ramlammers elk sal voortaan op Biesjesfontein prestasietoets word om die beste 200 ramme vir Konsortium se produksieveilings te keur en die res sal as kudderamme na die veilings op díe plaas verkoop word...


Lees Artikel...

Eerste Konsortium-Merino raadgewers vir kliënte

Konsortium-Merino het sy eerste kliënteraadgewer aangestel en nou ook ‘n tweede kundige gekontrakteer om boere by te staan om hul kuddes sodanig te verbeter...


Lees Artikel...

Andries ken sy mowwe

Op Carnarvon is ‘n man met ‘n groot liefde vir mowwe, wat glo hulle wys reën is aan die kom deur hul lywe te skud asof hulle nat is...


Lees Artikel...

Konsortium-Merino verpletter rekord

Suid-Afrika se rekordomset vir ‘n Merinoramveiling is op Konsortium-Merino se 13de produksieveiling verpletter toe díe telers hul vorige rekord met R147 550 verbeter het...


Lees Artikel...

Produk en passie die beste in 3 nasies

Ek reis deur drie nasies en dit is die beste veiling wat ek nog ooit bygewoon het...


Lees Artikel...

Konsortium-kopers aan die woord

Konsortium-Merino deel graag hul ondersteuners se getuigskrifte met ander. Hier is wat van hulle te sê het...


Lees Artikel...

Newsletter Subscribe

Voltooi asb. die vorm hieronder om in te teken op ons nuusbrief.




Page Tools

Nog ‘n keurveiling vir die Merino

Geskep op: 1 Maart 2007

Op die eerste gesamentlike veiling van Konsortium-Merino en Landbouskool Marlow is 56 ramme teen ‘n gemiddelde prys van R4 111 by die Marlow-klubhuis verkoop. Díe veiling het die potensiaal om hom as een van Suid-Afrika se keur Merinoveilings te vestig.
 
Die hoogste prys van R16 000 is deur boere van Hofmeyr betaal. Hulle is Matt Philps van Grootdam, Tommy Roux van Allemansvlei en sy seuns, Piet en Jakkals, Pierre Marais van Vrolikskraal en sy seun, Kobus, en Johan Froehlich van The Pines. Die naashoogste prys van R14 500 is op ‘n bod van Hendrik en Billy van Zyl van die plaas Montague, Cradock, toegeslaan.
 
Braam Coetzee, BKB Cradock, sê die eerste gesamentlike veiling het uitstekend afgeloop. Alles dui daarop dat hierdie geleentheid homself as een van Suid-Afrika se gesogte Merinoveilings kan vestig. Hy meen die ramme se wolkwaliteit was tops, maar hulle kon net nog swaarder geweeg het. Kopers met wie Braam gesels het, is in hul skik met die aanbod en beloof om weer te kom en nog meer ramme te koop.
 
Van die 61 ramme wat aangebied is, was 28 ramme Konsortium-nageslag van die skool se Merinokudde en 33 ramme suiwer geteelde Konsortium-Merino’s. Die Konsortium-ramme is op jaarouderdom na Marlow verskuif, sodat hulle saam met hul stalmaats, onder dieselfde omstandighede, vir die veiling voorberei kon word. Die eerste tree oppad na díe gesamentlike veiling is reeds in April 2005 gegee, toe Marlow se hele kudde, van sowat 500 ooie, met die saad van 10 Konsortium-stoetramme geKI is.

Argief  |  Alle nuus  |  Na Bo
Werf laas verander op Vrydag, 4 April 2008.
©2005 - 2008 Konsortium-Merino  |  Admin Login  |  Skakels
Engineered by nellen Technologies