Site in English  |  13 Mei 2008  
Konsortium-merino.com - Saam bied ons meer!
HomeOor OnsOns BenaderingOns BenaderingStoetrammePoenskop-Merino'sVeilingsNuusKontak Ons
Goeie môre, jy is hier :  Tuis  >  Nuus Vorige Blad  |  Site in English   
Latest News

Reuse troppe ramlammers ingeskryf

Groepe van sowat 800 ramlammers elk sal voortaan op Biesjesfontein prestasietoets word om die beste 200 ramme vir Konsortium se produksieveilings te keur en die res sal as kudderamme na die veilings op díe plaas verkoop word...


Lees Artikel...

Eerste Konsortium-Merino raadgewers vir kliënte

Konsortium-Merino het sy eerste kliënteraadgewer aangestel en nou ook ‘n tweede kundige gekontrakteer om boere by te staan om hul kuddes sodanig te verbeter...


Lees Artikel...

Andries ken sy mowwe

Op Carnarvon is ‘n man met ‘n groot liefde vir mowwe, wat glo hulle wys reën is aan die kom deur hul lywe te skud asof hulle nat is...


Lees Artikel...

Konsortium-Merino verpletter rekord

Suid-Afrika se rekordomset vir ‘n Merinoramveiling is op Konsortium-Merino se 13de produksieveiling verpletter toe díe telers hul vorige rekord met R147 550 verbeter het...


Lees Artikel...

Produk en passie die beste in 3 nasies

Ek reis deur drie nasies en dit is die beste veiling wat ek nog ooit bygewoon het...


Lees Artikel...

Konsortium-kopers aan die woord

Konsortium-Merino deel graag hul ondersteuners se getuigskrifte met ander. Hier is wat van hulle te sê het...


Lees Artikel...

Newsletter Subscribe

Voltooi asb. die vorm hieronder om in te teken op ons nuusbrief.




Page Tools

Konsortium doen met 'n miljoen

Geskep op: 21 Februarie 2007

Die hoogste omset nóg vir ‘n Merinoramveiling in Suid-Afrika is op Konsortium-Merino se 12de produksieveiling behaal. Dit is slegs die tweede Merinoveiling in die geskiedenis, wat die R1 miljoen-kerf kon verbysteek.
 
Altesaam 199 Konsortium-ramme is almal teen ‘n gemiddelde prys van R5 613 vir ‘n omset van R1 117 150 op die plaas Dombietersfontein, Victoria-Wes, verkoop. Die hoogste prys was R36 000 vir ‘n meriete ram. Hy is deur vier Alexanders van Trompsburg: Freddie en Erik van Korthoek, Frans van Stofkraal, en Derek van Hammelfontein, gekoop.
 
Adv. Wesley Vos van Vosfontein, Beaufort-Wes, het nie gekroom om sy sak te skud nie vir 23 ramme. Hy het die naashoogste prys van R35 000 betaal, asook die derde hoogste prys van R22 000.
 
Danie Vorster, bestuurder van Merino SA, sê die vorige hoogste omset vir ‘n ramveiling in Suid-Afrika was R1 053 050. Dit is in 1989 op Bloemfontein se Lenteveiling behaal, toe 247 ramme van 46 telers teen ‘n gemiddelde prys van R4 263 verkoop is. Konsortium se 199 ramme verkoop, is ook die meeste op een veiling vir die afgelope 16 jaar.
 
Meer as 300 besoekers van heinde en verre het Konsortium se mylpaalveiling bygewoon. Lourens van der Linde van Klein Constantia, Wesselsbron, laat weet hy is opgewonde oor die 15 ramme wat hy gekoop het. “Ons was daar! Dit was ‘n nuwe ondervinding wat ons hoop om weer en weer te kan beleef.”
 
Die 635 ooie op die Konsortium-veiling is teen ‘n gemiddelde prys van R956 verkoop. Die hoogste prys was R1 420 stuk vir dragtige ooie met langwol.

Argief  |  Alle nuus  |  Na Bo
Werf laas verander op Vrydag, 4 April 2008.
©2005 - 2008 Konsortium-Merino  |  Admin Login  |  Skakels
Engineered by nellen Technologies