Site in English  |  11 Mei 2008  
Konsortium-merino.com - Saam bied ons meer!
HomeOor OnsOns BenaderingOns BenaderingStoetrammePoenskop-Merino'sVeilingsNuusKontak Ons
Goeie naand, jy is hier :  Tuis  >  Nuus Vorige Blad  |  Site in English   
Latest News

Reuse troppe ramlammers ingeskryf

Groepe van sowat 800 ramlammers elk sal voortaan op Biesjesfontein prestasietoets word om die beste 200 ramme vir Konsortium se produksieveilings te keur en die res sal as kudderamme na die veilings op díe plaas verkoop word...


Lees Artikel...

Eerste Konsortium-Merino raadgewers vir kliënte

Konsortium-Merino het sy eerste kliënteraadgewer aangestel en nou ook ‘n tweede kundige gekontrakteer om boere by te staan om hul kuddes sodanig te verbeter...


Lees Artikel...

Andries ken sy mowwe

Op Carnarvon is ‘n man met ‘n groot liefde vir mowwe, wat glo hulle wys reën is aan die kom deur hul lywe te skud asof hulle nat is...


Lees Artikel...

Konsortium-Merino verpletter rekord

Suid-Afrika se rekordomset vir ‘n Merinoramveiling is op Konsortium-Merino se 13de produksieveiling verpletter toe díe telers hul vorige rekord met R147 550 verbeter het...


Lees Artikel...

Produk en passie die beste in 3 nasies

Ek reis deur drie nasies en dit is die beste veiling wat ek nog ooit bygewoon het...


Lees Artikel...

Konsortium-kopers aan die woord

Konsortium-Merino deel graag hul ondersteuners se getuigskrifte met ander. Hier is wat van hulle te sê het...


Lees Artikel...

Newsletter Subscribe

Voltooi asb. die vorm hieronder om in te teken op ons nuusbrief.




Page Tools

Konsortium vat Marlow vooruit

Geskep op: 17 Januarie 2007

‘n Totale ommekeer in ons skaapboerdery. Dit is die positiewe gevolg vir Marlow Landbouskool, sedert hul samewerking met Konsortium-Merino, meen Charl Naudé, senior plaasbestuurder.

Hy sê Marlow se besluit om ‘n nageslagtoets met Konsortium se stoetramme op hul ooikudde te doen, het die landbouskool binne die bereik van BLUP-data gebring. Die Merinoboerdery het ook gunstige spronge ten opsigte van sy finansies, aanpasbaarheid en eenvormigheid in die kudde, gemaak.

“‘n Belangrike pluspunt is natuurlik die blootstelling van Marlow se studente aan BLUP, prestasietoetsing, en hand-oog-keuring, wat díe toekomstige boere sal lei om eendag die regte besluite te neem as hulle ramme koop.”

Landbouskool Marlow en Konsortium-Merino bied op 23 Februarie 2007, hul eerste gesamentlike veiling om 14:00 by Marlow se klubhuis aan. Sowat 60 ramme, Konsortium-nageslag van die skool se Merinokudde en suiwer geteelde Konsortium-ramme, sal opgeveil word.

Die Konsortium-ramme is op jaarouderdom na Marlow geskuif, sodat hulle saam met hul stalmaats, onder dieselfde omstandighede, vir die veiling voorberei kon word. Die eerste tree oppad na díe Merinoveiling is reeds in April 2005 gegee toe Marlow se hele kudde, van sowat 500 ooie, met die saad van 10 Konsortium-stoetramme geKI is.

Argief  |  Alle nuus  |  Na Bo
Werf laas verander op Vrydag, 4 April 2008.
©2005 - 2008 Konsortium-Merino  |  Admin Login  |  Skakels
Engineered by nellen Technologies