Site in English  |  15 Mei 2008  
Konsortium-merino.com - Saam bied ons meer!
HomeOor OnsOns BenaderingOns BenaderingStoetrammePoenskop-Merino'sVeilingsNuusKontak Ons
Goeie middag, jy is hier :  Tuis  >  Nuus Vorige Blad  |  Site in English   
Latest News

Reuse troppe ramlammers ingeskryf

Groepe van sowat 800 ramlammers elk sal voortaan op Biesjesfontein prestasietoets word om die beste 200 ramme vir Konsortium se produksieveilings te keur en die res sal as kudderamme na die veilings op díe plaas verkoop word...


Lees Artikel...

Eerste Konsortium-Merino raadgewers vir kliënte

Konsortium-Merino het sy eerste kliënteraadgewer aangestel en nou ook ‘n tweede kundige gekontrakteer om boere by te staan om hul kuddes sodanig te verbeter...


Lees Artikel...

Andries ken sy mowwe

Op Carnarvon is ‘n man met ‘n groot liefde vir mowwe, wat glo hulle wys reën is aan die kom deur hul lywe te skud asof hulle nat is...


Lees Artikel...

Konsortium-Merino verpletter rekord

Suid-Afrika se rekordomset vir ‘n Merinoramveiling is op Konsortium-Merino se 13de produksieveiling verpletter toe díe telers hul vorige rekord met R147 550 verbeter het...


Lees Artikel...

Produk en passie die beste in 3 nasies

Ek reis deur drie nasies en dit is die beste veiling wat ek nog ooit bygewoon het...


Lees Artikel...

Konsortium-kopers aan die woord

Konsortium-Merino deel graag hul ondersteuners se getuigskrifte met ander. Hier is wat van hulle te sê het...


Lees Artikel...

Newsletter Subscribe

Voltooi asb. die vorm hieronder om in te teken op ons nuusbrief.




Page Tools

Reuse aanbod op 12de veiling

Geskep op: 17 Januarie 2007

Ten minste 200 Merinoramme. Dit is wat Konsortium-Merino op sy 12de produksieveiling gaan aanbied - sonder om gehalte in te boet, belowe die telers. Dit is ‘n reuse aanbod vergeleke met Suid-Afrika se gemiddeld van 47 ramme per veiling, wat in 2006 op 60 Merinoveilings verkoop is.

Altesaam 305 ramme is uit Konsortium-Merino se sowat 1500 ramlammers, gebore in die Lente van 2005, vir die komende veiling op 15 Februarie 2007 ingeskryf. Slegs die beste ramlammers is oudergewoonte deur Phil van der Merwe, stoetmeester, vir díe mylpaal-veiling geselekteer. In Januarie 2007 het Cobus Viviers, Braam Coetzee, Willie Kotze en Louis Hayward, almal van BKB, die finale keuring gedoen.

In 1990 laas is meer as 200 Merinoramme op ‘n veiling in Suid-Afrika aangebied. Dit was Bloemfontein se Herfs-aanbod, waarvan uiteindelik 180 ramme van 43 telers verkoop is.

Oor die afgelope 12 jaar kon niemand nog Konsortium-Merino se ramverkope klop nie. In Februarie 2006 het die span 163 ramme aangebied en verkoop. Sy vorige hoogste was 161 ramme, wat in Februarie 2005 teen gemiddeld R3 106 per ram verkoop is. In September 2004 het al 153 ramme op die veilling baas gekry.

Díe span van vyf Merinotelers van Victoria-Wes het sedert hul eerste veiling in Februarie 2001 al 1 423 ramme op hul elf produksieveilings verkoop. Dit is ‘n gemiddeld van 129 ramme per veiling. Solank hulle nie die gehalte van hul ramproduk inboet nie, sal hulle poog om in veilinggetalle te groei. Díe groter skuif is op aandrang van hul kuddeboere wat meer ramme teen bekostigbare pryse soek.

Hendrik Ackerman van Richmond laat weet: “Die belangstelling in die Konsortium-Merino word al hoe groter. Dit voel of daar ‘n haas onbevredigbare soeke na Konsortium-ramme is.” Hy skryf dit nie net aan die goeie produk toe nie, maar ook aan die puik diens wat Konsortium-Merino aan die bedryf lewer. “Hoeveel Merinoboere weet dat Konsortium hul ramkopers dwarsoor die land besoek en die prestasie van ramme op die kopers se eie plase bespreek en beoordeel? Kopertevredenheid geniet Konsortium se hoogste prioriteit.”

Argief  |  Alle nuus  |  Na Bo
Werf laas verander op Vrydag, 4 April 2008.
©2005 - 2008 Konsortium-Merino  |  Admin Login  |  Skakels
Engineered by nellen Technologies