Site in English  |  15 Mei 2008  
Konsortium-merino.com - Saam bied ons meer!
HomeOor OnsOns BenaderingOns BenaderingStoetrammePoenskop-Merino'sVeilingsNuusKontak Ons
Goeie middag, jy is hier :  Tuis  >  Nuus Vorige Blad  |  Site in English   
Latest News

Reuse troppe ramlammers ingeskryf

Groepe van sowat 800 ramlammers elk sal voortaan op Biesjesfontein prestasietoets word om die beste 200 ramme vir Konsortium se produksieveilings te keur en die res sal as kudderamme na die veilings op díe plaas verkoop word...


Lees Artikel...

Eerste Konsortium-Merino raadgewers vir kliënte

Konsortium-Merino het sy eerste kliënteraadgewer aangestel en nou ook ‘n tweede kundige gekontrakteer om boere by te staan om hul kuddes sodanig te verbeter...


Lees Artikel...

Andries ken sy mowwe

Op Carnarvon is ‘n man met ‘n groot liefde vir mowwe, wat glo hulle wys reën is aan die kom deur hul lywe te skud asof hulle nat is...


Lees Artikel...

Konsortium-Merino verpletter rekord

Suid-Afrika se rekordomset vir ‘n Merinoramveiling is op Konsortium-Merino se 13de produksieveiling verpletter toe díe telers hul vorige rekord met R147 550 verbeter het...


Lees Artikel...

Produk en passie die beste in 3 nasies

Ek reis deur drie nasies en dit is die beste veiling wat ek nog ooit bygewoon het...


Lees Artikel...

Konsortium-kopers aan die woord

Konsortium-Merino deel graag hul ondersteuners se getuigskrifte met ander. Hier is wat van hulle te sê het...


Lees Artikel...

Newsletter Subscribe

Voltooi asb. die vorm hieronder om in te teken op ons nuusbrief.




Page Tools

'n Honda Bushlander persent

Geskep op: 17 Januarie 2007

Waar kan ‘n boer vandag kies en keur tussen 200 Merinoramme en vir sy ondersteuning boonop ‘n Honda CTX200B persent kry? Op Konsortium-Merino se 12de produksieveiling!

Konsortium-Merino bied op Donderdag, 15 Februarie 2007, ten minste 200 ramme aan sonder om gehalte in te boet, belowe die telers. En vir elke ram of groep ooie, wat ‘n boer op hul 12de produksieveiling koop, sal sy of haar naam in ‘n houer gegooi word. Hoe meer jy dus koop, hoe beter jou kans om die 200cc Bushlander ryker te word.

Kersfees is nie net in Desember nie. As toegif het Konsortium ook besluit om die kopers van hul 11de produksieveiling, gehou in September 2006, vir die woelwater motorfiets in aanmerking te bring. Die gelukkige trekking sal later vanjaar op Konsortium se 13de produksieveiling, 6 September 2007, op Dombietersfontein, naby Victoria-Wes, plaasvind. Om te wen, moet die kopers van die 11de en 12de produksieveilings op díe Lenteveiling teenwoordig wees.

Die 200 ramme op die komende veiling is ‘n reuse aanbod vergeleke met Suid-Afrika se gemiddeld van 47 ramme per veiling, wat in 2006 op 60 Merinoveilings verkoop is. Altesaam 305 ramme is uit Konsortium-Merino se sowat 1500 ramlammers, gebore in die Lente van 2005, vir die veiling ingeskryf. Cobus Viviers, Braam Coetzee, Willie Kotze en Louis Hayward, almal van BKB, het die finale keuring gedoen. Hulle getuig die ramme is van ‘n hoë standaard.

Argief  |  Alle nuus  |  Na Bo
Werf laas verander op Vrydag, 4 April 2008.
©2005 - 2008 Konsortium-Merino  |  Admin Login  |  Skakels
Engineered by nellen Technologies