Site in English  |  15 Mei 2008  
Konsortium-merino.com - Saam bied ons meer!
HomeOor OnsOns BenaderingOns BenaderingStoetrammePoenskop-Merino'sVeilingsNuusKontak Ons
Goeie middag, jy is hier :  Tuis  >  Nuus Vorige Blad  |  Site in English   
Latest News

Reuse troppe ramlammers ingeskryf

Groepe van sowat 800 ramlammers elk sal voortaan op Biesjesfontein prestasietoets word om die beste 200 ramme vir Konsortium se produksieveilings te keur en die res sal as kudderamme na die veilings op díe plaas verkoop word...


Lees Artikel...

Eerste Konsortium-Merino raadgewers vir kliënte

Konsortium-Merino het sy eerste kliënteraadgewer aangestel en nou ook ‘n tweede kundige gekontrakteer om boere by te staan om hul kuddes sodanig te verbeter...


Lees Artikel...

Andries ken sy mowwe

Op Carnarvon is ‘n man met ‘n groot liefde vir mowwe, wat glo hulle wys reën is aan die kom deur hul lywe te skud asof hulle nat is...


Lees Artikel...

Konsortium-Merino verpletter rekord

Suid-Afrika se rekordomset vir ‘n Merinoramveiling is op Konsortium-Merino se 13de produksieveiling verpletter toe díe telers hul vorige rekord met R147 550 verbeter het...


Lees Artikel...

Produk en passie die beste in 3 nasies

Ek reis deur drie nasies en dit is die beste veiling wat ek nog ooit bygewoon het...


Lees Artikel...

Konsortium-kopers aan die woord

Konsortium-Merino deel graag hul ondersteuners se getuigskrifte met ander. Hier is wat van hulle te sê het...


Lees Artikel...

Newsletter Subscribe

Voltooi asb. die vorm hieronder om in te teken op ons nuusbrief.




Page Tools

Keer op keer terug vir meer

Geskep op: 25 September 2006

Al 144 ramme op Konsortium se 11de produksieveiling is teen ‘n gemiddelde prys van R6 093 verkoop. Die hoogste prys was R20 000. Díe bod is op ‘n span kopers van Hofmeyr toegeslaan, wat nie skroom om hul sakke vir die beste ramme op Konsortium se veilings te skud nie. Hulle is Tommy Roux van die plaas Allemansvlei, en sy seuns, Piet en Jakkals Roux, Pierre Marais van Vrolikskraal en sy seun, Kobus, Matt Philps van Grootdam en Johan Froelich van The Pines.

Sedert 2004 het díe groep kopers twee ramme teen die hoogste pryse van R30 000 en R20 000 aangeskaf, en nog vier ramme teen die naashoogste pryse van R17 500, R20 000, R19 000 en R30 000 gekoop. Die positiewe impak wat Konsortium-Merino op hulle kuddes het, bring hulle keer op keer terug vir meer.

Mike de Villiers van Eselsfontein en Gerhard Viljoen van Elandspoort, beide van Richmond, NoordKaap, het ‘n ram vir die naashoogste prys van R19 000 opgeraap. Die 748 ooie op die veiling is teen gemiddeld R990 stuk verkoop, met ‘n hoogste en laagste prys van onderskeidelik R1 410 en R910 per ooi.

Meer as 300 besoekers van heinde en verre het Konsortium se 2006 Lente-veiling bygewoon. Hulle het onder meer gekom van Vrede, Kuruman, Sutherland, Stutterheim, Cradock, Riversdal en veral uit die Vrystaat. Altesaam 145 boere het as kopers geregistreer.

Hierdie is nie ‘n veiling waarvan jy iemand bloot net kan vertel nie. Boere moet kom om dit te beleef, raai Piet Barnhoorn van die plaas Noodhulp, Middelburg, vir nuuskieriges aan.

Argief  |  Alle nuus  |  Na Bo
Werf laas verander op Vrydag, 4 April 2008.
©2005 - 2008 Konsortium-Merino  |  Admin Login  |  Skakels
Engineered by nellen Technologies