SA kampioen word goudGeskep op: 7 Januarie 2006 Konsortium-Merino se Windsor, SA Grootkampioenram op die 2004 Nasionale Skou vir Gemete Produksie, het in 2005 goue meriete status by sy silwermeriete toekenning gevoeg. Die ram het in die Landbouskool Marlow se nageslagtoets uitgestaan. Charl Naudé was die projekbestuurder.
Op grond van die prestasie het Windsor in Desember 2005 in die 16de plek ingeskuif op die Bayer-rangorde. Vyf van sy nageslag, wat op 16 Februarie 2006 onder die hamer kom, se voorspelde BLUP-teëlwaardes t.o.v EKW (R18.40+) plaas hulle onder die TOP10% in Suid-Afrika. |