Konsortium-ramme groei!Geskep op: 2 Augustus 2006 Die terugvoer van Noordweste-Veldramklub is dat Konsortium se span ramme vanjaar met die beste GDT en swaarste gemiddelde liggaamsgewig spog. Uit Konsortium se sewe ramme, is twee met silwermeriete-status gekroon, en twee Konsortium-ramme ook as meriete ramme gekeur vir die veiling van 1 Augustus 2006. Ook by Sentraal-Vrystaat Veldramklub het die Konsortium-ramme die beste gegroei. Díe klub se silwermerieteram, wat vir die veiling van 8 Augustus 2006 aangewys is, kom uit die Konsortium-stal, asook een van die klub se twee meriete ramme. |