Site in English  |  13 Mei 2008  
Konsortium-merino.com - Saam bied ons meer!
HomeOor OnsOns BenaderingOns BenaderingStoetrammePoenskop-Merino'sVeilingsNuusKontak Ons
Goeie môre, jy is hier :  Tuis  >  Nuus Vorige Blad  |  Site in English   
Latest News

Reuse troppe ramlammers ingeskryf

Groepe van sowat 800 ramlammers elk sal voortaan op Biesjesfontein prestasietoets word om die beste 200 ramme vir Konsortium se produksieveilings te keur en die res sal as kudderamme na die veilings op díe plaas verkoop word...


Lees Artikel...

Eerste Konsortium-Merino raadgewers vir kliënte

Konsortium-Merino het sy eerste kliënteraadgewer aangestel en nou ook ‘n tweede kundige gekontrakteer om boere by te staan om hul kuddes sodanig te verbeter...


Lees Artikel...

Andries ken sy mowwe

Op Carnarvon is ‘n man met ‘n groot liefde vir mowwe, wat glo hulle wys reën is aan die kom deur hul lywe te skud asof hulle nat is...


Lees Artikel...

Konsortium-Merino verpletter rekord

Suid-Afrika se rekordomset vir ‘n Merinoramveiling is op Konsortium-Merino se 13de produksieveiling verpletter toe díe telers hul vorige rekord met R147 550 verbeter het...


Lees Artikel...

Produk en passie die beste in 3 nasies

Ek reis deur drie nasies en dit is die beste veiling wat ek nog ooit bygewoon het...


Lees Artikel...

Konsortium-kopers aan die woord

Konsortium-Merino deel graag hul ondersteuners se getuigskrifte met ander. Hier is wat van hulle te sê het...


Lees Artikel...

Newsletter Subscribe

Voltooi asb. die vorm hieronder om in te teken op ons nuusbrief.




Page Tools

Marlow kies Konsortium

Geskep op: 16 Mei 2006

In 2007 bied die Hoër Landbouskool Marlow, naby Cradock, sy eerste Konsortium-Merinoveiling aan. Charl Naudé, boerderybestuurder van Marlow, hoop om 50 ramme staan te maak.

Sowat 25 ramme, Konsortium-nageslag van die skool se Merinokudde, en sowat 25 suiwer Konsortium-ramme, sal op 23 Februarie 2007 om 14:00 by Marlow se klubhuis opgeveil word. Die Konsortium-ramme sal op jaarouderdom, sowat ses maande voor die veiling, na Marlow geskuif word. Dit is belangrik dat hulle saam met hul stalmaats as ‘n groep, onder dieselfde omstandighede, vir die veiling voorberei word.
 
Die eerste tree oppad na díe Merinoveiling in 2007 is reeds in April 2005 gegee, toe Marlow se hele kudde van sowat 500 ooie met die saad van 10 Konsortium-stoetramme geKI is. Op 19 April 2006 is al die ooie weer geKI.
 
 “Ons stel ons heel beste genetika gratis tot hulle beskikking,” sę Gawie van Heerden, Konsortium-Merinoteler. Hy is baie opgewonde oor die nuwe vennootskap. Nie net het Konsortium nou die kans om met die jong boere van môre saam te werk nie, maar ook Marlow se kudde te verbeter en Konsortium-ramme meer toeganklik te maak vir boere van die Cradock-streek.
 
Marlow streef daarna om Merino’s van gehalte aan boere te verkoop. Die boerdery wil hom voortaan verbind tot die Konsortium-teelrigting, wat vrugbare Merino’s met ‘n groot vleiskarkas en kwaliteitwol produseer. In die verlede het Merinoramme, uit die Konsortium-stal, baie goed gevaar op die skool se jaarlikse veiling. Kuddeboere van die Cradock-streek wat Konsortium-ramme koop, getuig graag van hul vordering. Dit het Charl onder meer gemotiveer om die Konsortium as boerdery-vennoot te betrek.

Argief  |  Alle nuus  |  Na Bo
Werf laas verander op Vrydag, 4 April 2008.
©2005 - 2008 Konsortium-Merino  |  Admin Login  |  Skakels
Engineered by nellen Technologies