Site in English  |  14 Mei 2008  
Konsortium-merino.com - Saam bied ons meer!
HomeOor OnsOns BenaderingOns BenaderingStoetrammePoenskop-Merino'sVeilingsNuusKontak Ons
Goeie môre, jy is hier :  Tuis  >  Nuus  >  Argief Vorige Blad  |  Site in English   
Latest News

Reuse troppe ramlammers ingeskryf

Groepe van sowat 800 ramlammers elk sal voortaan op Biesjesfontein prestasietoets word om die beste 200 ramme vir Konsortium se produksieveilings te keur en die res sal as kudderamme na die veilings op díe plaas verkoop word...


Lees Artikel...

Eerste Konsortium-Merino raadgewers vir kliënte

Konsortium-Merino het sy eerste kliënteraadgewer aangestel en nou ook ‘n tweede kundige gekontrakteer om boere by te staan om hul kuddes sodanig te verbeter...


Lees Artikel...

Andries ken sy mowwe

Op Carnarvon is ‘n man met ‘n groot liefde vir mowwe, wat glo hulle wys reën is aan die kom deur hul lywe te skud asof hulle nat is...


Lees Artikel...

Konsortium-Merino verpletter rekord

Suid-Afrika se rekordomset vir ‘n Merinoramveiling is op Konsortium-Merino se 13de produksieveiling verpletter toe díe telers hul vorige rekord met R147 550 verbeter het...


Lees Artikel...

Produk en passie die beste in 3 nasies

Ek reis deur drie nasies en dit is die beste veiling wat ek nog ooit bygewoon het...


Lees Artikel...

Konsortium-kopers aan die woord

Konsortium-Merino deel graag hul ondersteuners se getuigskrifte met ander. Hier is wat van hulle te sê het...


Lees Artikel...

Newsletter Subscribe

Voltooi asb. die vorm hieronder om in te teken op ons nuusbrief.




Page Tools

Grootste Merino-nageslagtoets nóg

Geskep op: 10 September 2004

Meer as 3100 Merino-ooie, met 15 Konsortium-ramme gepaar, is die grootste nageslagtoets wat nog in die Merinobedryf aangepak is. Die Konsortium-telers stap graag díe pad om geneties meerderwaardige vaars te identifiseer.

Die nageslag is in drie bestuursgroepe ontleed. Die projekbestuurders was John Luscombe, ´n Konsortium-teler, Barry Griesel van Trio-Merino′s naby Springfontein, en Willouw van Heerden van die plaas Wolwekuil, Victoria-Wes. Die ooie is van Maart tot Mei 2003 gepaar. Hulle het van Augustus tot Oktober gelam en is van Januarie tot Maart 2004 gespeen. Op jaarouderdom is hulle prestasietoets en t.o.v. 11 wol- en bouvorm-eienskappe deur onafhanklike rasinspekteurs visueel beoordeel.

Buiten díe groot projek, was Konsortium-ramme deel van nog ses ander Merino-nageslagtoetse wat van September 2003 tot Augustus 2004 afgehandel is. Dit het ‘n nageslagtoets ingesluit by die landbouskool Marlow, naby Cradock, asook twee toetse in die distrik van Calvinia.

“Ons ondersteun graag die inisiatief van Merino SA om geneties meerderwaardige vaars te identifiseer, en só die ekonomiese vooruitgang van ons kuddes te verseker,” sê die span.

Alle nuus  |  Argief  |  Na Bo
Werf laas verander op Vrydag, 4 April 2008.
©2005 - 2008 Konsortium-Merino  |  Admin Login  |  Skakels
Engineered by nellen Technologies