Site in English  |  5 Julie 2008  
Konsortium-merino.com - Saam bied ons meer!
HomeOor OnsOns BenaderingOns BenaderingStoetrammePoenskop-Merino'sVeilingsNuusKontak Ons
Goeie naand, jy is hier :  Tuis  >  Nuus  >  Argief Vorige Blad  |  Site in English   
Latest News

Reuse troppe ramlammers ingeskryf

Groepe van sowat 800 ramlammers elk sal voortaan op Biesjesfontein prestasietoets word om die beste 200 ramme vir Konsortium se produksieveilings te keur en die res sal as kudderamme na die veilings op díe plaas verkoop word...


Lees Artikel...

Eerste Konsortium-Merino raadgewers vir kliënte

Konsortium-Merino het sy eerste kliënteraadgewer aangestel en nou ook ‘n tweede kundige gekontrakteer om boere by te staan om hul kuddes sodanig te verbeter...


Lees Artikel...

Andries ken sy mowwe

Op Carnarvon is ‘n man met ‘n groot liefde vir mowwe, wat glo hulle wys reën is aan die kom deur hul lywe te skud asof hulle nat is...


Lees Artikel...

Konsortium-Merino verpletter rekord

Suid-Afrika se rekordomset vir ‘n Merinoramveiling is op Konsortium-Merino se 13de produksieveiling verpletter toe díe telers hul vorige rekord met R147 550 verbeter het...


Lees Artikel...

Produk en passie die beste in 3 nasies

Ek reis deur drie nasies en dit is die beste veiling wat ek nog ooit bygewoon het...


Lees Artikel...

Konsortium-kopers aan die woord

Konsortium-Merino deel graag hul ondersteuners se getuigskrifte met ander. Hier is wat van hulle te sê het...


Lees Artikel...

Newsletter Subscribe

Voltooi asb. die vorm hieronder om in te teken op ons nuusbrief.




Page Tools

Hennie pluk die Konsortium-vrugte

Geskep op: 15 November 2004

My lampersentasie het gestyg, my skeersel se gemiddelde veseldikte is fyner en die skoonopbrengste van my hooflyne is beter. Só gesels Hennie Victor van die plaas Trompsgraf, naby Victoria-Wes.

Hennie en sy seun, Jan, is getroue navolgers van die Konsortium se teelbeleid van ‘n groot karkas met medium tot fyn wol van gehalte en goeie wollengte. Hulle span al sedert 1997 díe tipe galddelyf-Merino in op hul kudde en pluk vandag die vrugte.

Sedert 1999 het die skoonopbrengs van hul wissellamwol van 66% tot 71% verbeter. Díe van hul volbek-Merino′s spog met ‘n beste van 73%. Die veseldiktes van die Victors se wissellamwol wissel van 18.1 tot 19.2 mikron. Die hooflyne van hul volbekskaap het veseldiktes van 21 mikron. Hennie se kudde spog met ‘n konsepsie (ooie dragtig/ooie gepaar) van ten minste 95%. Toe hy in 2004 sy lammers op ses weke ouderdom doseer, het hulle gemiddeld 28kg op natuurlike veld geweeg. "Die goed groei," benadruk hy.

Alle nuus  |  Argief  |  Na Bo
Werf laas verander op Donderdag, 26 Junie 2008.
©2005 - 2008 Konsortium-Merino  |  Admin Login  |  Skakels
Engineered by nellen Technologies