Site in English  |  5 Julie 2008  
Konsortium-merino.com - Saam bied ons meer!
HomeOor OnsOns BenaderingOns BenaderingStoetrammePoenskop-Merino'sVeilingsNuusKontak Ons
Goeie naand, jy is hier :  Tuis  >  Nuus  >  Argief Vorige Blad  |  Site in English   
Latest News

Reuse troppe ramlammers ingeskryf

Groepe van sowat 800 ramlammers elk sal voortaan op Biesjesfontein prestasietoets word om die beste 200 ramme vir Konsortium se produksieveilings te keur en die res sal as kudderamme na die veilings op díe plaas verkoop word...


Lees Artikel...

Eerste Konsortium-Merino raadgewers vir kliënte

Konsortium-Merino het sy eerste kliënteraadgewer aangestel en nou ook ‘n tweede kundige gekontrakteer om boere by te staan om hul kuddes sodanig te verbeter...


Lees Artikel...

Andries ken sy mowwe

Op Carnarvon is ‘n man met ‘n groot liefde vir mowwe, wat glo hulle wys reën is aan die kom deur hul lywe te skud asof hulle nat is...


Lees Artikel...

Konsortium-Merino verpletter rekord

Suid-Afrika se rekordomset vir ‘n Merinoramveiling is op Konsortium-Merino se 13de produksieveiling verpletter toe díe telers hul vorige rekord met R147 550 verbeter het...


Lees Artikel...

Produk en passie die beste in 3 nasies

Ek reis deur drie nasies en dit is die beste veiling wat ek nog ooit bygewoon het...


Lees Artikel...

Konsortium-kopers aan die woord

Konsortium-Merino deel graag hul ondersteuners se getuigskrifte met ander. Hier is wat van hulle te sê het...


Lees Artikel...

Newsletter Subscribe

Voltooi asb. die vorm hieronder om in te teken op ons nuusbrief.




Page Tools

Soveel meer as wat jy verwag

Geskep op: 10 Januarie 2005

“Hulle is nie so goed soos wat jy gesê het nie…hulle is baie beter,” laat weet Koos Meiring van Dewetsdorp, oor sy Konsortium-Merino’s. Hy lag lekker, want vir ‘n wyle het hy vir Gawie van Heerden, Konsortium-Merinoteler, onkant betrap.

Soos vele eerste kopers op Konsortium-veilings was Koos ook aanvanklik skepties oor die lofsange wat die Konsortium-telers oor hul tipe sing. Maar vandag weet hy dat díe tipe soveel meer bied as wat hy verwag het. Vrugbaarheid, groei, karkas en kwaliteit-wol met lengte.

Konsortium-Merino se grootste getuigskrif is sy tevrede kopers wat keer op keer terugkom vir nog. Jakkie Nel van Somerset-Oos sê hy het nog altyd gedink hy boer op ‘n swak plaas, maar deesdae het hy ook lammers wat op sewe maande 40kg weeg. Sy BFH-wollyn is nou ‘n AFH-lyn en hy skeer gemiddeld 1kg meer wol per hogget as in die verlede. Wat hom verras is die Konsortium-ramme wat hulle kondisie handhaaf. “ Soos wat ek hulle tussen die ooie insit, so haal ek hulle daar uit.”

Piet Roux, van Hofmeyr sê hy wens hy kan sy lammers vir almal wys. Hulle spog met sterk, oop koppe en goeie bouvorm.

Joggie van den Berg van Dewetsdorp is nie bietjie trots op sy April-lammers wat hy in November 2004 bemark het nie. Díe span van 700 het 47% uitgeslag en gemiddeld 20,8kg aan die hak geweeg. “Daar is nie ‘n vergelyking tussen hierdie skaap en my ou skaap nie.”

Deesdae speen hy lammers wat meer as 7kg swaarder weeg as in die verlede. Sy vrugbaarheid en besetting is beter as ooit. Konsortium-teling het sy lampersentasie tot meer as 110% laat styg en “omdat die tipe soveel makliker boer, speen ek ten minste 100% lammers.”

Die Konsortium se groter, gladder Merino se grootste kritiek onder sy kompetisie is dat die tipe te min wol skeer. Wat-wou! Joggie sê hy boer deesdae met minder skaap, maar skeer meer wol, omdat hy elke agt maande ‘n A- of goeie B-lengte skeer.

“Ek was net so moedeloos soos my skaap. Nou geniet ek my boerdery, sê Stefan Scholtz van Victoria-Wes oor die Konsortium-inspuiting op sy plaas.

Om in die Konsortium-kopers se groter aanvraag te voldoen, werk die span daaraan om meer ramme teen bekostigbare pryse te verskaf.

Alle nuus  |  Argief  |  Na Bo
Werf laas verander op Donderdag, 26 Junie 2008.
©2005 - 2008 Konsortium-Merino  |  Admin Login  |  Skakels
Engineered by nellen Technologies