Site in English  |  14 Mei 2008  
Konsortium-merino.com - Saam bied ons meer!
HomeOor OnsOns BenaderingOns BenaderingStoetrammePoenskop-Merino'sVeilingsNuusKontak Ons
Goeie môre, jy is hier :  Tuis  >  Nuus  >  Argief Vorige Blad  |  Site in English   
Latest News

Reuse troppe ramlammers ingeskryf

Groepe van sowat 800 ramlammers elk sal voortaan op Biesjesfontein prestasietoets word om die beste 200 ramme vir Konsortium se produksieveilings te keur en die res sal as kudderamme na die veilings op díe plaas verkoop word...


Lees Artikel...

Eerste Konsortium-Merino raadgewers vir kliënte

Konsortium-Merino het sy eerste kliënteraadgewer aangestel en nou ook ‘n tweede kundige gekontrakteer om boere by te staan om hul kuddes sodanig te verbeter...


Lees Artikel...

Andries ken sy mowwe

Op Carnarvon is ‘n man met ‘n groot liefde vir mowwe, wat glo hulle wys reën is aan die kom deur hul lywe te skud asof hulle nat is...


Lees Artikel...

Konsortium-Merino verpletter rekord

Suid-Afrika se rekordomset vir ‘n Merinoramveiling is op Konsortium-Merino se 13de produksieveiling verpletter toe díe telers hul vorige rekord met R147 550 verbeter het...


Lees Artikel...

Produk en passie die beste in 3 nasies

Ek reis deur drie nasies en dit is die beste veiling wat ek nog ooit bygewoon het...


Lees Artikel...

Konsortium-kopers aan die woord

Konsortium-Merino deel graag hul ondersteuners se getuigskrifte met ander. Hier is wat van hulle te sê het...


Lees Artikel...

Newsletter Subscribe

Voltooi asb. die vorm hieronder om in te teken op ons nuusbrief.




Page Tools

Die meeste in 10 jaar

Geskep op: 20 Februarie 2005

Konsortium-Merino het die meeste ramme wat die afgelope 10 jaar op ‘n Merinoveiling in Suid-Afrika verkoop is, in 2004 geëwenaar en in 2005 oortref.

Al 153 ramme op Konsortium se sewende veiling (2 September 2004) is teen ‘n gemiddelde prys van R4 970 verkoop. Die vorige meeste vir die afgelope dekade was 153 ramme wat in 1996 teen ‘n gemiddelde prys van R1 790 op die Suidkaap se groepveiling verkoop is. En toe oortref die Konsortium-span díe mylpaal op hul agtste produksieveiling deur 161 ramme teen gemiddeld R3106 te verkoop.

Die veldramklub wat die afgelope 10 jaar met die hoogste verkope spog, is Karooklub met sy 116 uit ‘n groep van 159 ramme in 1997. In die goue jare het Bloemfontein se amptelike Lente-ramveiling tot soveel as 965 ramme in 1952 aangebied. Die meeste wat nog verkoop is, was 874 van 956 ramme wat in Augustus 1957 deur 99 telers aangebied is.

In die 1970’s het Bloemfontein se Lente- en Herfs-aanbod geleidelik afgeneem na onderskeidelik 294 en 217, waarvan 289 en 199 in 1979 verkoop is. Sedertdien het sy krane opgedroog na ‘n hoogste Lente-en Herfs-aanbod vir die afgelope 10 jaar van onderskeidelik 150 (1996) en 170 (1996) waarvan 114 en 130 verkoop is.

Alle nuus  |  Argief  |  Na Bo
Werf laas verander op Vrydag, 4 April 2008.
©2005 - 2008 Konsortium-Merino  |  Admin Login  |  Skakels
Engineered by nellen Technologies