Site in English  |  5 Julie 2008  
Konsortium-merino.com - Saam bied ons meer!
HomeOor OnsOns BenaderingOns BenaderingStoetrammePoenskop-Merino'sVeilingsNuusKontak Ons
Goeie naand, jy is hier :  Tuis  >  Nuus  >  Argief Vorige Blad  |  Site in English   
Latest News

Reuse troppe ramlammers ingeskryf

Groepe van sowat 800 ramlammers elk sal voortaan op Biesjesfontein prestasietoets word om die beste 200 ramme vir Konsortium se produksieveilings te keur en die res sal as kudderamme na die veilings op díe plaas verkoop word...


Lees Artikel...

Eerste Konsortium-Merino raadgewers vir kliënte

Konsortium-Merino het sy eerste kliënteraadgewer aangestel en nou ook ‘n tweede kundige gekontrakteer om boere by te staan om hul kuddes sodanig te verbeter...


Lees Artikel...

Andries ken sy mowwe

Op Carnarvon is ‘n man met ‘n groot liefde vir mowwe, wat glo hulle wys reën is aan die kom deur hul lywe te skud asof hulle nat is...


Lees Artikel...

Konsortium-Merino verpletter rekord

Suid-Afrika se rekordomset vir ‘n Merinoramveiling is op Konsortium-Merino se 13de produksieveiling verpletter toe díe telers hul vorige rekord met R147 550 verbeter het...


Lees Artikel...

Produk en passie die beste in 3 nasies

Ek reis deur drie nasies en dit is die beste veiling wat ek nog ooit bygewoon het...


Lees Artikel...

Konsortium-kopers aan die woord

Konsortium-Merino deel graag hul ondersteuners se getuigskrifte met ander. Hier is wat van hulle te sê het...


Lees Artikel...

Newsletter Subscribe

Voltooi asb. die vorm hieronder om in te teken op ons nuusbrief.




Page Tools

Drie silwerramme vir Sentraal-Vrystaat

Geskep op: 30 Julie 2003

Drie van die vier silwermeriete ramme wat in Julie 2003 op Sentraal-Vrystaat se Veldmerinoveiling aangebied is, kom uit die Konsortium-stal. ‘n Meriete ram op die veiling was ook die span se teling.

Van die 33 Konsortium-ramme wat vir prestasietoetsing by die klub ingeskryf is, is 27 vir die veiling gekeur. Een van die Konsortium se silwermeriete ramme, ‘n seun van Triomf, is vir die hoogste prys van R12 000 verkoop.

´n Seun van Fibre het die eerste plek op rangorde beklee en is as Sentraal-Vrystaat se ram van die jaar aangewys. Hy is vir die naashoogste prys van R10 500 verkoop. Díe ram was die eienskapleier t.o.v liggaamsgewig, GDT en algehele seleksie indeks %. Twee goue meriete vaars, Wiele en Bargain, word in sy voorgeslagte aangetref.

Hul silwermeriete ram, wat met vier goue meriete ramme (Yster, Disaster, Bargain en 114) in sy voorgeslagte spog, is vir R4 200 verkoop en die meriete ram het R4 600 op die veiling behaal.

Alle nuus  |  Argief  |  Na Bo
Werf laas verander op Donderdag, 26 Junie 2008.
©2005 - 2008 Konsortium-Merino  |  Admin Login  |  Skakels
Engineered by nellen Technologies