Site in English  |  13 Mei 2008  
Konsortium-merino.com - Saam bied ons meer!
HomeOor OnsOns BenaderingOns BenaderingStoetrammePoenskop-Merino'sVeilingsNuusKontak Ons
Goeie môre, jy is hier :  Tuis  >  Nuus Vorige Blad  |  Site in English   
Latest News

Reuse troppe ramlammers ingeskryf

Groepe van sowat 800 ramlammers elk sal voortaan op Biesjesfontein prestasietoets word om die beste 200 ramme vir Konsortium se produksieveilings te keur en die res sal as kudderamme na die veilings op díe plaas verkoop word...


Lees Artikel...

Eerste Konsortium-Merino raadgewers vir kliënte

Konsortium-Merino het sy eerste kliënteraadgewer aangestel en nou ook ‘n tweede kundige gekontrakteer om boere by te staan om hul kuddes sodanig te verbeter...


Lees Artikel...

Andries ken sy mowwe

Op Carnarvon is ‘n man met ‘n groot liefde vir mowwe, wat glo hulle wys reën is aan die kom deur hul lywe te skud asof hulle nat is...


Lees Artikel...

Konsortium-Merino verpletter rekord

Suid-Afrika se rekordomset vir ‘n Merinoramveiling is op Konsortium-Merino se 13de produksieveiling verpletter toe díe telers hul vorige rekord met R147 550 verbeter het...


Lees Artikel...

Produk en passie die beste in 3 nasies

Ek reis deur drie nasies en dit is die beste veiling wat ek nog ooit bygewoon het...


Lees Artikel...

Konsortium-kopers aan die woord

Konsortium-Merino deel graag hul ondersteuners se getuigskrifte met ander. Hier is wat van hulle te sê het...


Lees Artikel...

Newsletter Subscribe

Voltooi asb. die vorm hieronder om in te teken op ons nuusbrief.




Page Tools

Verkoop meeste ramme in SA

Geskep op: 20 Februarie 2006

Konsortium-Merino verkoop jaarliks die meeste ramme op amptelike veilings in Suid-Afrika. Altesaam 1 279 ramme is op tien produksieveilings teen ‘n gemiddelde prys van R4 010 verkoop.

Vir 517 (41%) van die 1 279 ramme het Konsortium-ondersteuners slegs R1 000 tot R3 000 betaal. Sowat 41% van die ramme is vir R3 100 tot R5 000 verkoop. Vir 1 043 van die 1 279 Konsortium-ramme (82%) het boere dus R5 000 en minder betaal.

Die hoogste prys wat ‘n Konsortium-ram nog behaal het, was R46 000 in Februarie 2006, toe 'n span Oos-Kaapse boere van Hofmeyr en Cradock kragte saamgespan het. Die naashoogste prys was R33 000, deur die broers Piet en Dennis Louw van Jagersfontein betaal.

Die veilings lok kopers landswyd. Hulle kom van sover as Riviersonderend en Uitenhage in die suide, Barkley-Oos en Stutterheim in die ooste, Calvinia in die weste, Memel en Vrede in die noorde, en veral uit die Vrystaat om in díe Merino-lekkerte te deel.

Argief  |  Alle nuus  |  Na Bo
Werf laas verander op Vrydag, 4 April 2008.
©2005 - 2008 Konsortium-Merino  |  Admin Login  |  Skakels
Engineered by nellen Technologies