Ses SA kampioeneGeskep op: 20 Februarie 2004 Konsortium-Merino, wat roem op sy groter, gladder Merino wat goed groei, het op 2004 se Nasionale Skou vir Gemete Produksie met ses SA kampioene gespog: SA grootkampioenram: algehele voortreflikheid (R/c), SA grootkampioen-ooi: algehele voortreflikheid (R/c), SA grootkampioen-ooi: massa toename (GDT), SA grootkampioen-ooi: liggaamsmassa, SA grootkampioen: groepe van 3 ramme en 3 ooie (liggaamsmassa), SA reserwe kampioen: groepe van 3 ramme en 3 ooie (liggaamsmassa), SA grootkampioen: hoogste linieêre punte (algeheel).
Hoewel die Konsortium-Merino minder wol produseer, het díe tipe se groot vleiskarkas, lae mikron en goeie stapellengte vir die beste ram en ooi (wol- en vleis-inkomste gemeet in R/c) op die skou gesorg. John Luscombe, Konsortium-teler, se span van ses ramme en ses ooie het ook die meeste punte vir hul wol- en bouvorm-eienskappe, met die hand-oog-gemeet, ingepalm. Konsortium-Merino lyk dus mooi en sorg vir jou sak! |